Jy maak my seer
Keer op keer
Ek kan ‘n honderd vrae vra
Oor al die dinge wat my pla

Maar daar’s ‘n spreekwoord wat lui
As jy eers ‘n hoekom moet kry
Sal die waarheid agterbly

Die ure tik verby
en die donker rondom my
Bring te laat die spyt se woorde
Soos valse hart akkoorde

Ek wil probeer
‘n Laaste keer
Ek wil jou oral oor gaan soek
Tot in die wêreld se verste hoek

Waar sal my voete ‘n rusplek vind
in hierdie malle soektog na wind
Sal ek jou ooit weer vind?

Nog net een kans
Hierdie laaste dans
Die wens fluister’k in die nag
as die maan en sterre vir my lag

Wat doen ek met jou foto
wat op my spieëlkas staan
Wat maak ek met my hande
wat uitreik in die aande
na die liefde wat myne was?

Hoe vertel ek my hart
Om jou nie lief te hê
Wat doen ek met jou woorde
Wat in my gedagtes lê?

Jy maak my seer …

(c) Maryke-Anne Janse van Rensburg