Soos elke vrou het ek van kleintyd gedroom oor my prinses troue.  Die pragtige drieval rok, die kroon, die ruiker, die hare vol linte, die glasslippertjies – Something old, something new, something borrowed, something blue.

Maar ek glo dat daar iewers in my lewensboek geksryf is dat ek nooi ‘n grênd troue gaan hê nie.  Nee, nie grênd nie, maar defnitief nie gestroop van enige opwinding nie.

My pa het net mooi niks van my eerste man gehou nie en ons het dit toe “wys” geag om te ‘elope”.  En die ge-elopery het my rebelse natuur soos ‘n handskoen gepas.

My oudste suster het my gesig en hare gedoen en toe sit ons af na die landdroskantoor.  Die seremonie was sommer vinnig oor – geen kans vir ‘n bietjie romanse nie.

Ek het so ‘n roomkleurige pakkie aangehad me peach bykomstighede.  Na my beskeie mening het ek nie te sleg gelyk nie.  Daarna is ons huistoe waar my nuwe man ‘n stukkie uit die Bybel voorgelees het, daarna het elkeen ‘n stukkie sjokolade koek geëet en die hele huweliksbevestiging was klaar soos die koffie in die koppies.

Toe moes on die gevreesde afspraak met my pa nakom.  Sy eerste woorde aan my man, “Kan jy vir haar sorg?”  sommer so terwyl hy sy hand uitsteek het sommer ‘n knop in my keel laat ontstaan.

Chromosoom se antwoord, “Ja, natuurlik.”   Famous last words.  Na 13 uitmergelende jare het ons paaie geskei.

Jare daarna ontmoet ek toe vir my Lifiki.  Die man van my drome.  Hy is al’s wat ek nog altyd in ‘n man wou gehad het.  Toe begin die drome weer.  Die drieval trourok het nou plek gemaak vir ‘n meer besadigte plain A-lyn rok.  Sjiek en stylvol.  Julle, ek het omtrent gedroom oor hoe die onthaalvertrek gaan lyk, wie ek gaan nooi, die stroomeisies, die werke.

Maar helaas.  Toe ek een Vrydag by die werk is kry ek ‘n oproep.

“Dink jy nie ons moet maar trou nie.”

Ek, menende dat dit ‘n ligte grappie is, “Ja, natuurlik.  Sê net hoe, waar en wanneer.”

“Wat van more?”

“Ek dink dit is ‘n bietjie vinnig”  Lag ek.

“Nou wat dan van Sondag.”

“Dit klink beter.”  Ek dink nogsteeds dit is ‘n ligte grappie.

“Goed ek bel jou terug.”

Met die normale gekoer-koer van liefde ens het ons afgelui.

Tien minute daarna weer ‘n oproep.

“Angelfacietjie, dis reg vir Sondag.  Nooi maar wie jy daar wil hê.”

Ja, die liefde van my lewe het met “Dial ‘n Dominee” gereël dat die ons sal trou, sommer in ons sitkamer.

Ek het darem ‘n stunning outfit gehad, en na ‘n vinnige besoek aan ‘n juweliersplek het ons ook darem ringe gehad.

En met ‘n pragtige seremonie deur ‘n effe weird predikant, is ons getroud.  My familie was daar, en dit was wonderlik.

Ons onthaal … ‘n heerlike braai.

Eenvoudig heerlik!

En vandag … is ek gelukkig … en het nog nooit weer teruggekyk nie.