So laat in die nag

as die sterre een vir een

agter die wolke inskuif

is wanneer ek vir jou wag

So laat in die nag

as die reën saggies drup

en die aarde weer vernuut

is wanneer ek wens vir die dag

So laat in die nag

wanneer geen geluid

die stilte onderbreek

is wanneer ek bid vir my krag

So laat in die nag

is wanneer ek vir jou wag …