Voel jy my, my engel
terwyl ek vir jou wag?
Raak jou gedagtes verstrengel
in die alleen van die nag?
Kyk jy op na die sterre
in die hemelruim?
En troos dit jou om te weet
dat hul ook vir my skyn?

Hoor jy my, my engel
as ek fluister in die wind?
Voel jy my pyn en verlange
as ek uitroep soos ‘n kind?
Kan ek glo dat my wense
in jou hart weerklank vind?
Kan ek hoop dat ons liefde
die pad terug sal vind?