Net toe ek dink ek gaan nooit getag word nie, gebeur dit toe en dadelik pluk ek my St Claire uit om die event te vier.

As ek in die oggend klaar gemuf het en uit die nagpozzie klim, dan steek ek eers ‘n sigret aan om te check of die dag kewl genoeg is om te gryp – as julle nou kop wat ek julle tjaaf.

Dan spec ek die wardrobe vir lappe om te dress.

Ek guzzle baie Ricoffy want ek smaak nie daai goed wat mens moet filter nie.

Crocs is te perforated vir my so ek love my slippers met die wool in die winter en plestiek Moses sandals in die somer.

Ek was al in die keffie met kaalvoete en sonder make-up.

Die plastiek pigears in my lounge like spif en ek like bietjie kitch trinkets.

Ek kan die heeldag rondmozy in my nightgarb.

Ek like Afikaanse tunes. Hoe lekkerder die beat hoe kewler die song.

Ek eet nie Blackforest cake nie maar tjoklit koek. Ek drink nie rooiwyn nie, enige semi soet wyn is reg. My hare word sommer by die huis gepalette en die enigste strepies is daar waar die kleur nie lekker gevat het nie.

Ek het blou mascara en eyeliner wat ek partykeer in die somer dra.

Ek is sommer net so – in your face – platvloers en sonder sights en die wat nie daarvan hou nie … talk to the hand.

Posted with WordPress for BlackBerry.

 

Ek tag vir StoneMaidenDiaries