Soos julle weet is ek MAL oor Idols en toe my jongste vir my se dat hy wil deelneem, was ek in die wolke!

My gedagte – volgens wat op die TV voorgehou word – was, dat elke inskrywing deur die Terrible 3 (Randall, Unathi en Gareth) ge-judge word, maar dit is glad nie die geval nie.

Daar is ‘n pre-judge deur iemand (ek weet nie wie nie, so ek kan my nie uitspreek oor die pre-judges se kennis van musiek ens nie). Met die pre-judge het jy slegs 1 minuut om die persoon te impress. As jy dit regkry, beweeg jy aan na die ‘director’s cut’. As jy die ‘director cut’ maak, word jy ‘n week daarna eers ingelig van jou sukses.

Eers daarna kom jy te staan voor die drie ‘main katreine’.

Nou wonder ek oor die ‘wooden mics’ en die arme siele wat deur die Groot 3 uitmekaar getrek word? Word hulle spesiaal deurgesit sodat ons – die kykers – kan lag en hulle sodoende die kyker getalle opstoot?

Ek moet se, ek is effe teleurgesteld dat dit nie was soos wat ek altyd gedink het nie. Maar ek sal dit steeds kyk want volgende jaar is ek en jongste weer daar, maar die keer weet ons van beter 🙂