Ek wonder as my ma van die hemel afkyk op my … glimlag sy omdat sy sien dat ek my medemens met empatie, warmte en verstaan behandel?  Of huil sy omdat juis daardie goeie eienskappe van haar, nie oorgedra is na haar kind nie.  Glimlag sy omdat ek nederig bly al is ek ver bo my verdienste geseën?  Of krimp haar hart ineen omdat ek myself as verhewe bo ander beskou?

Dink jy ook daaraan – soos toe ons kleintyd geleer is “As Jesus nou hier instap, sal Hy trots wees op jou? Of sal Hy skaam kry vir sy kind?” of maak dit nie meer saak as mens ‘n volwassene is nie?

Gee jou ouderdom jou die reg om jou ouers soos gemors te behandel?  Of moet jy deurentyd hulle met respek behandel?

Is daar ‘n afsnypunt waar, wanneer jy daarby verbybeweeg, jy jou ouers nie meer hoef te beskou as jou anker, jou veilige hawe of iemand wat respek verdien nie? 

Beteken die feit dat hulle jou versorg het, geleerheid gegee het en altyd gesorg het dat jy niks gekort het nie niks wanneer jy nie meer onder hulle dak woon nie?

Hoe voel julle daaroor?