Wanneer mens net deur Prince Albert gery het, kan jy kies om Oudshoorn toe te ry via of die Meiringspoort Pas of die Swartberg pas. Omdat ons die Meiringspoort pas sou ry met ons terugrit, het ons besluit om die Swartberg Pas aan te pak.

Hierdie pas is baie mooi. Fotos kan nie regtig die berge se prag vasvat nie. Onthou om BAIE water en geduld in te pak wanneer jy die pas ry. Onthou ook om stadig te ry en mede padgebruikers te konsidereer.