Editor's Rating

Getoets en geslaag!

10
Lipafleklekker

Kors:

2 k bruismeel  (Self Raising Flower)
150 ml kookwater
125 ml kookolie
knypie sout
Plaas alles in ‘n houer met ‘n deksel wat seël.  Skud die houer totdat ‘n sagte deeg gevorm word.  Druk deeg ewe dik uit in ‘n rolkoekpan.  Bedek dit liggies met ‘n klam doek en plaas eenkant tot benodig.
Vulsel vir pizza :
1 blikkie tamatie‑en‑uie smoor
1 koppie gherkins, in skyfies gesny (2 grotes)
1 gekapte groenrissie
2 k cheddarkaas, gerasper
1 pakkie spek, klein gesny, en “crispy” gebak
OF – Enige vulsel wat jou smaakkliere gaan prikkel
Smeer tamatie‑en‑uie smoor oor basis van pizza. Meng spek, gherkins en groenrissie en gooi bo‑oor.  Strooi kaas heel laaste bo‑oor en bak by 180ºC tot goudbruin.
ONTHOU – Die prentjie is slegs vir demonstrasie Doeleindes, so moenie skrik as jou pizza nie lyk soos die een wat gewys word nie!