Editor's Rating

Semelbeskuit
800 ml kookwater
375 ml suiker
350 g margarien
3 ekstra-groot eiers, geklits
1 kg (7 k) bruismeel
15 ml bakpoeier
10 ml sout
5 ml kremetart
500 ml semels

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n oondpan met margarien. Voer die bodem uit met bakpapier. Meng die kookwater, suiker en margarien tot gesmelt. Laat afkoel en klits die eiers by. Sif die bruismeel, bakpoeier, sout en kremetart saam. Roer die semels by. Voeg die eiermengsel by en meng tot ‘n dik beslag. Skep in die voorbereide panne en bak vir 1 uur tot gaar. (Dit sal hol klink as jy met jou kneukels teen die onderkant van die pan klop.) Laat ‘n paar minute in die panne afkoel en keer dan uit op ‘n draadrak. Wanneer afgekoel, sny in vingers. Laat oornag in ‘n lou-oond uitdroog teen ongeveer 50 °C.
Lewer ongeveer 72 stukke.

ONTHOU – Die prentjie is net vir demonstrasie doeleindes. Moenie skrik as jou nie lyk soos dit nie!!