Editor's Rating

Koningkraai heerlik

10
Uitmunted

Jy benodig:

  1. 10 ml olyfolie (of botter of margarien – watookal in die huis is wat dieselfde werk as olie doen)
  2. 2 Preie (Leeks) – Lelike stukke afgesny, skoongemaak en gewas. (As jy nie Preie kry nie, sal Sprietuie ook werk)
  3. Huisie knoffel – of so een teelepel (na smaak) fyngekapte knoffel
  4. 800 g ontbeende en vellose Hoenderborsies – gesny in repies
  5. Pakkie spek – gesnipper
  6. Bakkie sampioene gesny
  7. 400 ml melk – afgeroom of volroom
  8. 1 Pakkie Knorr Chicken a la King Dry Cook-in-Sauce
  9. 1 Rolletjie pof pasteideeg
  10. 1 Liggies geklitste eier

So maak mens:

  1. Voorverhit oond tot 200o C
  2. Braai Preie (Uie), Spek, Sampiene en Knoffel tot die preie lekker sag is – gooi dan in aparte houer
  3. Braai nou die hoenderrepies in dieselfde pan tot gaar
  4. Gooi die gebraaide prei mengsel by die hoender en roer goed
  5. Giet melk in pan
  6. Sprinkel Knorr Chicken a la King Dry Cook-in-Sauce oor en roer tot die mengsel kook
  7. Laat prut vir 5 minute
  8. Gooi hoendermengsel in oondvaste bak en laat afkoel
  9. Plaas pasteideeg oor die mengsel, prik met ‘n skerp mes, smeer geklitste eier oor
  10. Plaas in oond en bak ongeveer 20 – 30 minute tot bruin (nie donkerbruin nie) bo

Sit voor met lekker mengelslaai.