Editor's Rating

Dit is net flippen lekker. Wat meer kan ek sê?

10
Maklik om te maak
10
Smaak

Jy Benodig:

500g Hoenderlewertjies (sny daai gagga wit goetertjies uit)

1 Redelike groot ui

1 Blikkie Tamatie en Uie (‘n Goeie naam maak, nie ‘no name brand’ nie, want daar is nog tamatieskille in)

1 Pakkie Sweet and Sour of Hawaiian Chicken Cook in sauce (jy gaan net die helfte gebruik)

So maak mens:

Sny uie in repies of blokkies of ringe en braai tot gla(n)serig.

Voeg hoenderlewertjies by en braai tot gaar

Voeg blikkie tamatie en uie sous by, roer en wag tot borrel.

Voeg helfte van jou pakkie Cook in sauce by en roer tot kook.

Draai plaat se hitte af en laat prut so vir 15 – 20 minute.

Bedien met:

Ciabata brood of

Kapokaartappels (Smashed potatoes) of

Stampmielies