Jy skuld my niks,
nie ‘n snars nie.
Jy hoef nie te praat
of kontak te maak nie.

Soos ‘n skim uit die verlede
het jy jou kom tuismaak in my hede.
Ek skarrel om jou uit my gedagtes te kry,
jou reuk, jou aanraking … jy … jy warrel hier binne my.

Jou sms’e was net onthougoed.
Jou whatsapps, net gister se soet.
Iets, wat die onthou van lang vergaan.
Deel gemaak het van my dag se bestaan.

As die hande van tyd, na eer kon gaan,
en ek, weer vir ‘n stonde,
voor jou kon staan.
Sou ek uitreik, my hande, sag, jou gesig omvou,
en vra … sien jy … verstaan jy nou?

Een oomblik was jy genestel
in my kop, my hart, my wese.
En die volgende was jy weg …
verlore, oor ander se keuse.

Alleen het ek gestaan
terwyl die storms woed.
Bang, bevreesd en
gedwonge skuldig …
vir ons geboet.

Maar hoe moes jy weet?
Hoe moes jy voel wat
in my wêreld aangaan?
Hoe moes jy weet dat ek
vir ander se sondes ook
moes instaan?

Ons was jonk
vol vals bravade.
Uitgelewer aan
ander se genade.

Vandag is die pyn vergete.
Herhinderings deur tyd verslete.
Maar as ek my oë styf-styf toemaak …
kan ek my lippe, steeds teen joune raak.

Jy skuld my niks,
nie ‘n snars nie.
Jy hoef nie te praat
of kontak te maak nie.

Want jy is vir altyd,
vir ewig … tot tyd vergaan
in my hart en gedagtes
se verlangebaan.

© 2016 ლ – Ƹ̵̡Ӝ̵̨̄Ʒirsten