Kwistig verf jy my lewe

in skarlaken rooi en donder blou

wat skel teen die mure

wat ek om my hartseer bou.

Meng op jou pallet van woorde

tot al die kleure bloei

ineen verstrengel

in my trane geboei.

Ek wonder soms of jy deur die dag se aanhoudende geknetter,
my stem kan hoor.

Wanneer woorde soos rooi granaatstroop oor jou lippe drup,
ek jou aandag verloor.

Dit is wanneer ek jou wil roep, jou nader wil trek, jou asem
teen my wang wil voel.

Jou in my, oor my, onder my en om my soos die reën om my voete wil laat poel.

Ek wonder soms …

© 2016 ლ – Ƹ̵̡Ӝ̵̨̄Ʒirsten