‘n Flatervry Pannekoek beslag is iets wat baie mense ontduik.

Maar ek het ‘n Flatervry Pannekoek Beslag wat van pannekoek nommer een, eenhonderd persent bak.

Antonie Pannekoek is nie die uitvinder van die Flatervrye Pannekoek Beslag nie!

Antonie Pannekoek – volgens sy naam kan mens maklik aflei dat hy die uitvinder is van die Flatervrye Pannekoek Beslag … maar helaas … hy was nie.

Jy benodig:

1 Koppie koekmeelblom

1 Koppie melk

2 eiers

50 ml Olive Pride olyfolie

Redelike knypie sout

Gelykgeskrape teelepel bakpoeier.

So maak mens:

Gooi die koekmeelblom, sout en bakpoeier in ‘n glasbak en roer goed.

In ‘n aparte beker voeg die melk, eiers en olyfolie bymekaar en klits goed sodat die eiers goed gebreek is.

Voeg nou die vloeistof by die droë bestanddele en roer goed.

Bak nou die pannekoek soos gewoonweg.

Jy sal verbaas wees dat jy vanaf pannekoek een geen flater met hierdie Flatervrye Pannekoek Beslag sal beleef nie.