Editor's Rating

Maklik en heerlik

5
Lipleklekker

Hierdie is ‘n maklike braai broodjie wat jy beslis kan probeer as jy volgende keer braai.

Voorverhit oond tot 180 grade Celsius.

Jy benodig:

500g Savoury Muffin Mix

1 Pakkie (10g) Kitsgis

2 Koppies Louwarm water

Botter (margarien) om oor die kors te smeer sodra die maklike braai broodjie uit die oond uit kom.

Maak soos volg:

Gooi die Savoury Muffin Mix in ‘n groot bak.

Strooi die kitsgis oor.

Voeg water by en roer tot alles gemeng is.

Laat staan – toegemaak – in ‘n warmrige plek om te rys (ongeveer 45 minute).

Gooi deeg oor in broodpan wat bespuit is met ‘Spray and Cook’ (hierdie is genoeg vir een broodjie)

Plaas in oond en bak vir omtrent ‘n uur. Die kors moet bo so ‘n ligte bruin kleur aanneem. Toets met toetspen net om seker te maak.

Smeer botter oor kors sodra dit uit die oond kom. Laat rus 20 minute voor jy dit sny.