Woord vir woord
Kalwe jy aan my hart.
ń Stekie hier,
ń Pyltjie daar …
Flou versteek agter jou lag.
Woord vir woord
Steel jy van my,
Die ritme in my voete …
Die musiek in my stem.
Met elke klankgreep
Verflou die mooi
Verstil my hande …
En my hart verkrummel
In ń duisend stukkies
Om rigtingloos te verdwyn
Op die stofpaaie van my gemoed ….

© 2017 ლ – Ƹ̵̡Ӝ̵̨̄Ʒirsten

Little Sad Clown is a painting by Myra Evans