As ek sê ek mis jou
Sal dit ń growwe mistasting van die waarheid wees.
As ek sê, ek het jou lief, laat dit jou koud .
As ek sê ek gee om, trek jy jou skouers op.
Wanneer ek jou vasdruk, sug jy teen my skouer.
Wanneer ek in jou oë kyk om liefde daar te soek, flikker irritasie skerp.
As ek met jou praat sluit jy jou ore.
En ek moet my rug op jou draai sodat jy nie die pyn in my hart moet sien.
As ek sê ek mis jou, sal dit ń growwe mistasting van die waarheid wees.
Want ek verlang na jou met iets so diep wat ek self nie verstaan.
My hart rou oor verlore môres, verslete gisters … my oë huil oor vergete lag en speel.
As ek sê ek mis jou … wil ek jou teen my vasdruk en fluister … vergewe my … ek het soveel wense … soveel versugtinge … en ek wonder of jy dit ooit sal weet …
As ek sê ek mis jou …

© 2017 ლ – Ƹ̵̡Ӝ̵̨̄Ʒirsten

Skildery deur Katie m. Berggren