Smôrens, wanneer die son die dag kom groet
en liggies oor my wang kom streel.
Dan dink aan elk se drome soet
en wonder of ons dit met mekaar kan deel?

Voor hierdie dag my voluit gryp
en wegvoer in sy dolle jaag
gee ek vir jou ‘n stukkie van my tyd
om rus te vind voor ek verdaag.

Speel saggies oor die lewensbaan
gryp vurig na elke sagte woord
en voor die daglig beginne taan
is lewensvreug om jou gekoord

So …
in die ritme van ons dag se leef
soms so stadig,
meer so snel
die paaie, kronkelskeef geweef
weet jy, en weet jy wel,
ek het jou …
vandag, hier in my hart getel.

© 2017 ლ – Ƹ̵̡Ӝ̵̨̄Ʒirsten